18 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-10-2024 só ingevul:
As gevolg van diabetes het Nick ........ in sy voete verloor.
sensasie
sensaasie
sensaasi
sensasi
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Charlotte skrik nie vir koue ........ nie.
pampoen
kaiings
kabouters
Die uitdrukking "nie vir koue pampoen skrik nie" beteken 'nie deur kleinighede op loop gejaag word nie'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die ........ het onderneem om die skietstaking te eerbiedig.
hoof opposisie-alliansie
hoof opposisie alliansie
hoof-opposisie-alliansie hoofopposisiealliansie of hoofopposisie-alliansie
ʼn Samestelling (“hoofopposisiealliansie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hoof”, “opposisie” en “alliansie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Om leesbaarheid te vergemaklik kan 'n koppelteken tussen die laaste twee woorddele gebruik word.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Vir die resies moet die motors gelyktydig wegtrek. Johanna moet soggens die gordyne voor die vensters wegtrek. Die woordsoort van die woord "wegtrek" in bostaande sinne is 'n ........
poliseem
antoniem
sinoniem
homoniem
Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld: Die motors moet gelyk "wegtrek", hy jy moet die gordyne "wegtrek".
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)