2310 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 08 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-11-2024 só ingevul:



Nelson Mandela het ook in ........ geglo.
2 % (afgerond)uboentu
94 % (afgerond)ubuntu 
3 % (afgerond)oeboentoe
1 % (afgerond)uboentoe

Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



Van al die ligte in die huis is hierdie een die ........ ; 'n mens kan skaars sien wat in die vertrek aangaan.
71 % (afgerond)gedempste 
29 % (afgerond)mees gedempste
1 % (afgerond)meer gedempste

In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



En ek kan my ........ op ’n blok sit dat die speurder wél iewers bewyse het.
1 % (afgerond)pen
97 % (afgerond)kop 
1 % (afgerond)huis
1 % (afgerond)woonstel

Die idioom "jou kop op 'n blok sit", beteken 'absoluut oortuig wees van iets'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die span is onder aan die punteleer, ........ hulle nog nie 'n wedstryd kon wen nie.
17 % (afgerond)siende dat
83 % (afgerond)aangesien 

"Siende dat" is 'n anglisisme; "aangesien" is in hierdie konteks die korrekte woord.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties