2310 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 08 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-11-2024 só ingevul:



Die perderuiter se vele ........ word op die kaggelrak uitgestal.
tofeje
96 % (afgerond)trofeë 
4 % (afgerond)trofee

Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die amptenaar wat in die Hooggeregshof regspraak uitoefen, word 'n ........ genoem.
88 % (afgerond)regter 
1 % (afgerond)prokureur
10 % (afgerond)advokaat

'n Advokaat is 'n regsgeleerde wat vir 'n saak of persoon in die Hooggeregshof pleit. (Advokaat is ook 'n soort drank berei uit brandewyn, eiers, suiker en neutmuskaat.)
'n Prokureur tree namens iemand in 'n laer hof op.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Die ........ is bekend vir sy relatief matige klimaat.
2 % (afgerond)Hoë Veld
Hoë veld
97 % (afgerond)Hoëveld 
Hoë-veld

Meerledige geografiese name wat geen eienaamelement bevat nie, word sonder 'n koppelteken vas geskryf. (Bron: AWS 12.28)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Rob is by die juwelier om vir hom 'n nuwe ........ te koop.
1 % (afgerond)slegs oorlosie
56 % (afgerond)slegs horlosie 
43 % (afgerond)oorlosie of horlosie
slegs horlage

Die AWS erken slegs die spelling "horlosie", die spelling "oorlosie" word nie meer erken nie.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties