3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Persoonsvorme

As ons 'n persoonsnaam van 'n werkwoord wil maak, sit ons oor die algemeen 'n -er agteraan die werkwoord. Byvoorbeeld:

  • Iemand wat werk, is 'n werker
  • Iemand wat swem, is 'n swemmer
  • Iemand wat hardloop, is 'n hardloper

Ons gebruik ook die -er dikwels om persoonsname van plekname af te lei. Byvoorbeeld:

  • Iemand wat van Hamburg kom, is 'n Hamburger
  • Iemand wat van Boston kom, is 'n Bostonner

 


 

Ons het baie soortgelyke agtervoegsels wat ons in Afrikaans kan gebruik om persoonsname te vorm. Byvoorbeeld:

  • -aan: Brasiliaan
  • -aar: goëlaar, Londenaar
  • -aard: grysaard
  • -ant: informant
  • -aris: missionaris
  • -ent: korrespondent
  • -êr: miljoenêr
  • -erd: papperd, lomperd
  • -eur: kontrakteur
  • -ier: tuinier, winkelier
  • -iet: Durbaniet
  • -is: internis
  • -ling: tweeling

 

Oor die gebruik van hoofletters by sulke woorde wat afgelei is van plekname of persoonsname, kyk Afleidings van eiename.






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties