2310 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 08 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-11-2024 só ingevul:



17:00 is ........ !

30 % (afgerond)huis-toe-gaantyd 
6 % (afgerond)huis toe gaan-tyd
15 % (afgerond)huis toe gaan tyd
49 % (afgerond)huistoegaantyd

Ingevolge reël 12.21 in die AWS skryf ons "huis-toe-gaan-tyd" of "huis-toe-gaantyd".
Dit is 'n sogenaamde frasesamestelling, waar die frase "huis toe gaan" met "tyd" verbind. Ander soortgelyke gevalle is: "deur-tot-deurverkope, wag-'n-bietjiebos, help-my-fris-lykhempie", ensovoorts.

Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hulle krepeer alleen daar op die plaas.
Wat is die woordsoort van "krepeer" in bostaande sin?
36 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
56 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
4 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
4 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Piet skop die bal oor die muur. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Hulle krepeer op die plaas.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Ons sal ons ........ moet uitskud vir môreaand se deftige geleentheid.
3 % (afgerond)slenterklere
2 % (afgerond)trommelklere
95 % (afgerond)kisklere 
patroonklere

Hierdie uitdrukking verwys nie na die klere wat 'n lyk in 'n kis aanhet nie. Vroeër het die mense hulle beste klere in 'n kis gebêre, en dit net uitgehaal vir deftige geleenthede.
In Engels verwys hulle na: "One's Sunday best."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Wanneer my sussie dink iemand het haar paaseiers geëet, verander sy in 'n ........ .
14 % (afgerond)Amasone
11 % (afgerond)amazone
71 % (afgerond)amasone 
4 % (afgerond)Amazone

In gevalle van eienaamverbleking (waar 'n eienaam figuurlik gebruik word) word die woord gewoonlik met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties