2434 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 30 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-05-2025 só ingevul:



Die ........ maak ons gereeld attent op ons swak taalgebruik.
2 % (afgerond)purris
2 % (afgerond)puuris
puurris
96 % (afgerond)puris 

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Ek hou nie daarvan dat jy my ........ oor wat ons moet doen nie.
72 % (afgerond)hiet en gebied 
19 % (afgerond)hiet en gebiet
9 % (afgerond)hied en gebied

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “hiet en gebied”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Ek dink ons moet hierdie saak met die ........ bespreek.
18 % (afgerond)Produksiebestuurder
1 % (afgerond)Produksie Bestuurder
2 % (afgerond)produksie bestuurder
80 % (afgerond)produksiebestuurder 

ʼn Samestelling (“produksiebestuurder”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“produksie” en “bestuurder”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die telling is 19-19, die Leeus wil nog deurbreek, maar dan blaas die skeidsregter ........ .

96 % (afgerond)die eindfluitjie 
3 % (afgerond)op sy eindfluitjie
aan sy eindfluitjie

Die korrekte uitdrukking is "blaas die eindfluitjie". Die uitdrukking "blaas op die eindfluitjie" is nie korrek nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties