30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 30-04-2025 só ingevul:
Sal jy ........ vir my 'n gunsie doen?
seblief of 'seblief slegs 'seblief slegs sseblief slegs 'sseblief
Die afkappingsteken word in 'n aantal gevalle gebruik om aan te dui dat letters ontbreek, soos "as 't" in plaas van "as het". Die woord "seblief" is al ingeburger dat die AWS albei spelwyses aanvaar.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Spoegwolf se nuutste CD het ........ bereik.
multi-platinum status multi-platinum-status multiplatinumstatus multi- platinum status
Soos wat ons "silwerbruilof" skryf, so skryf ons "platinumstatus", aangesien die konsep nie met die kleur van die status te make het nie. Die prefiks "multi-" word in die reël sonder koppelteken vas aan 'n ander woord geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die kinders verwys laggend na haar as ........ .
skaam-ansa Skaam-ansa skaam-Ansa Skaam-Ansa
Indien 'n bynaam met 'n koppelteken vas aan die gewone eienaam geskryf word, begin albei met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Geen ........ sonder baat.
raad gewaad swaard kwaad
Die idioom "geen kwaad sonder baat", beteken 'uit 'n slegte toestand kom dikwels groot verbetering'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)