2550 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 05 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-03-2025 só ingevul:



Die afgevaardigdes woon die ........ in Turkye by.
1 % (afgerond)by-eenkoms
1 % (afgerond)byëenkoms
98 % (afgerond)byeenkoms 
by eenkoms

Wanneer vokale langs mekaar staan wat tot verskillende lettergrepe behoort nie leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie, is ’n koppelteken nie nodig nie, byvoorbeeld "byeenkoms", "naywer", "sakeagenda", "vakansieoord" AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hardus was olik ........ ek het ook nie te goed gevoel nie.
24 % (afgerond)'
73 % (afgerond); 
1 % (afgerond):
2 % (afgerond)geen leesteken

Wanneer die voegwoorde "want", "en" en "maar" in 'n sin weggelaat word, gebruik ons 'n kommapunt.
In hierdie sin is "en" weggelaat.
Sien ook die bladsy Kommapunt.



Ek gaan 'n bietjie by die buurman kers ........ om te hoor wat hy oor die saak sê.
2 % (afgerond)opsit
94 % (afgerond)opsteek 
uitdoof
4 % (afgerond)aansteek

Die uitdrukking "kers opsteek" beteken 'om by iemand raad te vra'; die uitdrukking "kers opsit" beteken 'om iemand die hof te maak'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo en HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Desmond Tutu was die voorsitter van die ........ .
2 % (afgerond)kommissie vir waarheid en versoening
7 % (afgerond)Kommissie Vir Waarheid En Versoening
3 % (afgerond)Kommissie vir waarheid en versoening
89 % (afgerond)Kommissie vir Waarheid en Versoening 

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van kommissies, komitees of rade, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



TOTAALRESULTAAT:
88% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties