2472 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 12 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-05-2025 só ingevul:



Hoe kan die fyn Fatima met so ʼn ........ uitgaan?
5 % (afgerond)jawel
48 % (afgerond)jafel
33 % (afgerond)javel 
14 % (afgerond)jaffel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die kind het oor ’n klip ........ en geval.
99 % (afgerond)gestruikel 
1 % (afgerond)gestrykel
1 % (afgerond)gestreikel

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "gestreikel" in plaas van die korrekte "gestruikel".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Een van die politieke gevangenes op Robbeneiland was ........ .
7 % (afgerond)Madiba of madiba
92 % (afgerond)Madiba 
madiba

'n Bynaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Leenwoorde uit Afrikatale noem ons ........ .
20 % (afgerond)verafrikaanste woorde
13 % (afgerond)vreemde woorde
2 % (afgerond)tussenklaswoorde
65 % (afgerond)Afrikataalleenwoorde 

Die spelling van leenwoorde uit Afrikatale val in twee kategorieë – die "onverafrikaanstes" en die "verafrikaanstes". Woorde wat van Afrikatale geleen is, kan as wisselvorme aangegee word, byvoorbeeld "dumela" of "doemêla", maar voorkeur word deesdae gegee aan die Afrikataalspelling.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties