2514 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 02 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-05-2025 só ingevul:



’n Homofoon van vyl is ........ .
86 % (afgerond)veil  
12 % (afgerond)vuil
2 % (afgerond)phyl
fuil

Die woorde "vyl" en "veil" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het.
Sien ook die bladsy Homofone.



Idioom: Die skrywer doop sy pen gereeld in ........ .
1 % (afgerond)teer
71 % (afgerond)gal 
1 % (afgerond)verf
27 % (afgerond)ink

Idiome is vaste uitdrukkings wat eie is aan ʼn bepaalde taal. Die idioom "Jou pen in gal doop" beteken om 'uiters bitsig te skryf'. (Bron: HAT).
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



In hierdie gedeelte gaan die koor ........ sing.
83 % (afgerond)eenstemmig 
4 % (afgerond)eenstemig
14 % (afgerond)eenstem

ʼn Samestelling ("eenstemmig") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("een"en "stem") bestaan. Die "-ig" is ’n morfeem. Die "m" word verdubbel om die [ε]-klank kort te hou. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Daar was 'n spelfout in die eerste twee ........ van die woordeboek.


1 % (afgerond)oplaag
41 % (afgerond)oplae
1 % (afgerond)oplage
57 % (afgerond)oplae of oplaes 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “oplaag – oplae”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant” "meestal - meesal". Die meervoud van "oplaag" is "oplae"; die meervoud van "oplae" is "oplaes".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties