2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 07 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-03-2025 só ingevul:



Al die mure van ʼn vertrek hoef nie ........ dieselfde kleur te wees nie.
99 % (afgerond)noodwendig 
nootvendig
1 % (afgerond)nootwendig
noodvendig

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



........ Haal jou voete dadelik van die tafel af!
Watter tussenwerpsel sal 'ergernis' uitdruk in bostaande sin?
12 % (afgerond)Agge nee!
88 % (afgerond)A nee a!  
Ja-nee
Hoera!

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ja-nee" betuig rustige, weloorwoë instemming, "Agge nee!" druk ontevredenheid of afkeuring uit en "Hoera!" word gebruik om blydskap of vreugde uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Ons het ter ere van Nelson Mandela die ........ gaan besoek.
39 % (afgerond)Qunu-museum of Qunumuseum of Qunu Museum 
21 % (afgerond)slegs Qunomuseum
29 % (afgerond)Qunu-museum of Qunumuseum
12 % (afgerond)slegs Qunu-museum

Eienaamverbindings wat as eiename optree, kan op een van vier maniere geskryf word. Sonder koppelteken vas (Qunomuseum), met koppelteken vas en 'n hoofletter na die koppelteken (Qunu-Museum), met 'n koppelteken vas en met 'n kleinletter na die koppelteken (Qunu-museum), en los met elke deel met 'n hoofletter (Qunu Museum).

Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



Die instrument waarvoor Kenny G veral bekend is, is ’n ........ .
25 % (afgerond)saksofoon
15 % (afgerond)saxofoon
56 % (afgerond)saxofoon of saksofoon 
5 % (afgerond)saksefoon

Party woorde in Afrikaans kan volgens hul vreemde of Afrikaanse spelling gespel word. Die woord "saxofoon" is afkomstig van die uitvinder daarvan, Adolphe Sax.
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties