2481 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-05-2025 (vlak 2)



vorige toets 09 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-05-2025 só ingevul:



Die dronkaard was ........ van al die drank.
89 % (afgerond)bedwelmd 
7 % (afgerond)bedwelemd
3 % (afgerond)bedwelmend
1 % (afgerond)bedwelemend

By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Idioom: ........ in die mond maak die maag gesond.
9 % (afgerond)Suiker
72 % (afgerond)Bitter 
14 % (afgerond)Soet
5 % (afgerond)Bessies

Die idioom "bitter in die mond maak die maag gesond", beteken 'slegte medisyne is gesond'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Alle leerders moet voor die einde van die jaar 'n ........ aflê.
91 % (afgerond)IK-toets 
3 % (afgerond)IKtoets
5 % (afgerond)ik-toets
1 % (afgerond)iktoets

Samestellings met afkortings kry ʼn koppelteken tussen die afkorting en die daaropvolgende woord. Ander voorbeelde sluit in “IK-toets”, “VN-afvaardiging” en “NASA-ekspedisie”.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Hierdie gedig is 'n goeie voorbeeld van 'n Engelse ........ .
26 % (afgerond)sonet
63 % (afgerond)sonnet 
1 % (afgerond)sunette
11 % (afgerond)sonette

Die woord "sonnet" is die Franse skryfwyse van die Italiaanse woord "sonetto" wat 'liedjie' beteken.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties