2484 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2025 só ingevul:



Die ........ moes by vele spoggerige geleenthede optree.
65 % (afgerond)attaché 
1 % (afgerond)attache
33 % (afgerond)attachè

Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.



Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
46 % (afgerond)Nasionalevrouemonumentkommissie
4 % (afgerond)Nasionale Vroue Monument kommissie
49 % (afgerond)Nasionale Vrouemonumentkommissie 
1 % (afgerond)Nasionalevrouemonument kommissie

Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Alhoewel ek Duits op skool as 'n vak gehad het, is hierdie teks wat in ........ geskryf is vir my onverstaanbaar.
5 % (afgerond)Hoog Duits
63 % (afgerond)Hoogduits 
17 % (afgerond)hoog-Duits
15 % (afgerond)Hoog-Duits

Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!
9 % (afgerond)gordels
15 % (afgerond)skoene
7 % (afgerond)pilare
69 % (afgerond)balke  

Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'.
In Engels is dit "send coals to Newcastle".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties