05 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-05-2025 só ingevul:
Die aand voor ons vertrek het ek vir ........ langs die see gaan stap.
olaas oulaas olas oulas
In geslote lettergrepe word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die skut het die teiken met die eerste skoot ........ .
getref getrefd tref
By ʼn eenlettergrepige werkwoord word "ge-" bygevoeg wanneer dit saam met "het" ʼn aanduiding van die verlede tyd is.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die ........ sê ons moet waak teen ons sondige natuur.
Dominee dominee Dominie dominie
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "dominee", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Charlemagne staan in Afrikaans bekend as Karel die ........ .
Grootte Groote Grote
"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)