2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 20-03-2025 só ingevul:



Toe ons daar aankom, was die partytjie reeds in volle ........ .
2 % (afgerond)vaart
20 % (afgerond)gang 
78 % (afgerond)swang
glorie

Die Afrikaans vir die Engelse ‘in full swing’ is in Afrikaans "in volle gang". Die frase "in swang" beteken ‘iets is in die mode’ of ‘kom algemeen voor’.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Daar is altesaam 34 ........ van die siekte aangemeld.
1 % (afgerond)gevallens
99 % (afgerond)gevalle 
gevals

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Geagte ........ , baie dankie vir u getroue ondersteuning.
21 % (afgerond)slegs leser
44 % (afgerond)leser of Leser
35 % (afgerond)slegs Leser 

Aanhefvorme sonder 'n daaropvolgende eienaam begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die afkorting "SARB" staan vir ........ .
12 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Raad vir Bewaring
10 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Rugbybond
77 % (afgerond)Suid-Afrikaanse Reserwebank 
1 % (afgerond)Suid-Australiese Ruimtebestuur

ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord, groep woorde of organisasies. Daar is vier kategorieë: egte afkortings, simbole en akronieme, waaronder letternaamwoorde en letterklankwoorde val. "SARB" is 'n letternaamwoord, omdat 'n mens die letters afsonderlik uitspreek. ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties