28 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-04-2025 só ingevul:
Adèle is ........ om poskantoor toe te gaan; sy verwag haar nuwe Kindle in die pos.
gretiglik gretig angstiglik angstig
Die Engelse "anxious" kan in Afrikaans in verskillende kontekste vertaal word met óf "gretig" (wat 'vol begeerte' of 'hartstogtelik' beteken), óf "angstig" (wat 'met vrees/angs gevul' beteken). Adelé was in hierdie konteks hopelik nie met angs gevul om poskantoor toe te gaan nie! Let op dat "angstiglik" en "gretiglik" nie as erkende woorde in formele Standaardafrikaans beskou word nie, net soos "huidiglik" en "wettiglik".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Dit is natuurlik ........ nie 'n probleem nie.
op sigself op sig self opsigself opsig self
"Sigself" is 'n wederkerende voornaamwoord, soos "homself" of "myself". Dit is egter geslagsneutraal en sou in kontekste soos die volgende gebruik kon word: "'n Gebruiker moet sigself vergewis van die bepalings en voorwaardes." Dit is egter meer gebruiklik in Afrikaans om te skryf: "'n Gebruiker moet homself...", aangesien die verstekgeslag in die Afrikaanse grammatika manlik is.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die maatskappy het verlede jaar 'n totale wins van ........ rand getoon.
vier miljoen ses duisend of viermiljoen sesduisend of viermiljoensesduisend vier miljoen ses duisend of vier-miljoen-ses-duisend vier-miljoen-ses-duisend of vier-miljoen ses-duisend vier miljoen ses duisend of vier-miljoen ses-duisend of viermiljoensesduisend
'n Telwoord (soos "ses") + "honderd", "duisend", "miljoen", "miljard" kan los of vas geskryf word, maar nie met 'n koppelteken nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Sy het gesê sy het 'n ........ ........ in die wolke gesien.
e-ngel en-gel Eng-el eng-el
Woorde word normaalweg afgebreek volgens betekenisvolle dele en lettergrepe, maar wanneer 'n "n" en 'n "g" langs mekaar voorkom, word daar altyd tussen hulle afgebreek, al is daar verskillende uitspraakmoontlikhede van hierdie letterkombinasie.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)