07 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-05-2025 só ingevul:
Die ........ moes by vele spoggerige geleenthede optree.
attaché attache attachè
Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.
Die ........ is daarvoor verantwoordelik om genoegsame fondse vir sy werksaamhede in te samel.
Nasionalevrouemonumentkommissie Nasionale Vroue Monument kommissie Nasionale Vrouemonumentkommissie Nasionalevrouemonument kommissie
Die skryfwyse van dié woord is 'n uitsondering op die gewone reël. Sien 15.26(d) in die AWS. Meerledige geografiese en eiename wat uit meer as twee losgeskrewe dele bestaan en waarvan die hoofdele gewoonlik met hoofletters begin, word nie vas geskryf nie, byvoorbeeld "Nasionale Vrouemonumentkommissie", "Middellandse Seegebied" en "Tweede Konsiliebesluit".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Alhoewel ek Duits op skool as 'n vak gehad het, is hierdie teks wat in ........ geskryf is vir my onverstaanbaar.
Hoog Duits Hoogduits hoog-Duits Hoog-Duits
Taalname begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Idioom: Ai, hy kon met hierdie geskenk net sowel ........ na Noorweë gestuur het!
gordels skoene pilare balke
Die idioom "om balke na Noorweë te stuur" beteken 'om vir iemand iets te stuur waarvan hy baie het'. In Engels is dit "send coals to Newcastle". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)