2514 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 05 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 05-05-2025 só ingevul:



Die aand voor ons vertrek het ek vir ........ langs die see gaan stap.
7 % (afgerond)olaas
89 % (afgerond)oulaas 
1 % (afgerond)olas
2 % (afgerond)oulas

In geslote lettergrepe word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die skut het die teiken met die eerste skoot ........ .
99 % (afgerond)getref 
1 % (afgerond)getrefd
tref

By ʼn eenlettergrepige werkwoord word "ge-" bygevoeg wanneer dit saam met "het" ʼn aanduiding van die verlede tyd is.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die ........ sê ons moet waak teen ons sondige natuur.
14 % (afgerond)Dominee
81 % (afgerond)dominee 
1 % (afgerond)Dominie
4 % (afgerond)dominie

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "dominee", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Charlemagne staan in Afrikaans bekend as Karel die ........ .
13 % (afgerond)Grootte
15 % (afgerond)Groote
72 % (afgerond)Grote 

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties