09 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 09-05-2025 só ingevul:
Hoe hou jy van my nuwe ........ ?
zjien jeane jean djien
Vreemde woorde ("jean") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Jong ........ groente is lekker in slaai.
spruitetjies spruitjies spruikies spruitenkies
Alle woorde wat op ʼn "d" of ʼn "t" eindig, kry "-jie" in die verkleiningsvorm.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die passasierskip vaar gereeld ........ die wêreld.
deur in oor om
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. 'n Mens vaan "om" iets wat rond is, soos die "wêreld".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die kwaai vrou het haar man 'n klap deur sy gesig gegee. Wat is die woordsoort van "klap" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “klap - die klap - klappe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)