2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 28 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-03-2025 só ingevul:



Ek sou vir Deon ........ as ek jy was; hy maak net moeilikheid.
2 % (afgerond)vermei
fermei
vermui
98 % (afgerond)vermy 

Die wederkerende werkwoord "vermei" beteken 'om te ontspan, jou te verlustig, jou te vermaak of genoeë te vind in iets'. Sy meer bekende homofoon, "vermy", beteken egter 'om iets of iemand te ontwyk'.

Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Dit het niks met jou uit te ........ nie.
1 % (afgerond)vind
96 % (afgerond)waai 
3 % (afgerond)skep

Die uitdrukking "niks met iemand uit te waai hê nie", beteken 'niks met iemand te doen hê nie'.
Om met alle winde saam te waai beteken om met almal saam te stem; dus beteken dié uitdrukking om glad nie met iemand saam te stem nie.
Om iemand te laat waai is om hom te los sodat hy deur die wind weggewaai word; dus weer eens om niks met hom te doen te hê nie.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Joyce se kinders gaan na 'n ........ toe.
15 % (afgerond)slegs privaat skool
37 % (afgerond)privaatskool of privaat skool
30 % (afgerond)privaat skool of privaatskool of private skool
18 % (afgerond)privaat skool of private skool 

Byvoeglike name soos "privaat" word gewoonlik los van die daaropvolgende selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van betekenisverdigting en samestellende samestellings.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Baie mense verkies deesdae roosblare bo ........ by troues.
48 % (afgerond)confetti 
komvettie
15 % (afgerond)konvetti
37 % (afgerond)konfettie

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. In hierdie geval word die verafrikaanste vorm "konfetti" ook erken.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties