2553 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 01 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 01-04-2025 só ingevul:



Dis 'n ........ probleem wat die klas moet oplos.
eenfoudige
4 % (afgerond)eenvoudig
96 % (afgerond)eenvoudige 
eenfoudig

Meerlettergrepige byvoeglike naamwoorde wat voor die selfstandige naamwoord staan, kry dikwels 'n "-e" aan die einde.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die hond ........ van die koue.
1 % (afgerond)beber
98 % (afgerond)bibber 
1 % (afgerond)bibbir
bebber

Die klank [Ə] word deur "e" weergegee in onbeklemtoonde lettergrepe, byvoorbeeld in die voegsels "-es", "-e", "-en", "-ens", "-ent" en "-er".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Vanaf haar derde jaar het Anita in ........ begin spesialiseer.
50 % (afgerond)psigolinguistiek of Psigolinguistiek 
30 % (afgerond)slegs psigolinguistiek
21 % (afgerond)slegs Psigolinguistiek

Name van vakgebiede (soos privaatreg, wiskunde, bedryfsekonomie, ensovoorts) word nie verpligtend met 'n hoofletter geskryf nie.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Hy is 'n ........ in sy betrokke vakgebied.
5 % (afgerond)slegs foendi
48 % (afgerond)foendi of foendie of fundi 
7 % (afgerond)slegs foendie
40 % (afgerond)slegs fundi

Die oorspronklike spelling is "fundi", maar die spelling is ook verafrikaans, en "foendi" en "foendie" is dus ook korrek.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties