02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-04-2025 só ingevul:
Die bure se ........ is baie hoog.
lewestandaard lewe standaard lewenstandaard lewensstandaard
Die samestelling "lewenstandaard" bestaan uit drie dele: "leef" + "-ens-" + "standaard". Aangesien die laaste deel van die samestelling met 'n "s" begin, word die "s" van "-ens-" nie geskryf nie. Ons skryf dus wel "lewensverwagting", maar nie *lewensstandaard nie. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Pieter is 'n regte ou ........ ; hy lê net heeldag op die bank.
jansalie jan sale Jansalie Jan Salie
Die woord "jansalie" beteken 'persoon sonder fut' of ''n lamsak'. Dit is ook die naam van 'n soort plant. Dit is 'n voorbeeld van eienaamverbleking - wanneer 'n nieletterlike betekenis aan 'n soortnaam gegee word. Sulke woorde word met kleinletters geskryf. (AWS9.23)
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Met sy skerp sin vir humor, kan hy darem ........ spot!
mooi fraai oulik fyn
"Fyn spot" beteken 'nie ooglopend terg'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
"Die beskuldigde pleit onskuldig, ........ ."
U Edele u edele u Edele U edele
Die dele van aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter (AWS 9.6).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)