2549 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-04-2025 só ingevul:



Sy het vir haar 'n ........ vir die strand gekoop.
1 % (afgerond)breë rand hoed
6 % (afgerond)breë randhoed
86 % (afgerond)breërandhoed 
8 % (afgerond)breërand hoed

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit 'n woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en 'n selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



D.J. Opperman was veral bekend vir sy werk " ........ uit ’n bamboesstok".
31 % (afgerond)Kommas
25 % (afgerond)Komma’s
12 % (afgerond)Koma’s
32 % (afgerond)Komas 

Woorde wat op ’n onbeklemtoonde "-a" eindig ("koma"), kry nie ’n afkappingsteken in die meervoud of verkleiningsvorm nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Idioom: As die ........ dik is, is die meel bitter.
81 % (afgerond)muis 
5 % (afgerond)rot
6 % (afgerond)kat
8 % (afgerond)vark

Die idioom "as die muis dik is, is die meel bitter" beteken 'as 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie'.
In Engels sê 'n mens: "plenty is not dainty".
(Bron Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ek het dit in die ........ gelees.
95 % (afgerond)Bybel 
5 % (afgerond)bybel

"Bybel" is die naam van 'n publikasie en word as 'n eienaam gesien. Dit word daarom met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Publikasiename.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties