2550 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-04-2025 (vlak 3)



vorige toets 03 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-04-2025 só ingevul:



Die vroulik van "swaer" is ........ .
1 % (afgerond)nig
99 % (afgerond)skoonsuster 
1 % (afgerond)stiefsuster
swaerin

Die woord "skoonsuster" staan teenoor "swaer", soos wat "nig" teenoor "neef" staan.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ek sal die werk moet ........ om te sien of dit reg is.
15 % (afgerond)kontrolleer
85 % (afgerond)kontroleer 

Indien die basis van 'n woord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die basisvorm verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Maak asseblief vir my vyf ........ vol met water.
86 % (afgerond)20-literhouers 
4 % (afgerond)20 liter houers
9 % (afgerond)20 literhouers

Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer, word vas met 'n koppelteken geskryf, byvoorbeeld "20-literhouers", "F16-vegvliegtuig" (AWS 14.5).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ná die motorfietsongeluk is Chris 'n ........ en kan hy net sy arms gebruik.
72 % (afgerond)parapleeg 
2 % (afgerond)quadropleeg
23 % (afgerond)kwadrupleeg
3 % (afgerond)parrapleeg

Die woord "parapleeg" verwys na iemand wat net sy/haar bolyf (arms en hande) kan gebruik, maar nie sy/haar bene nie; die woord "kwadrupleeg" verwys na iemand wat die gebruik van al vier sy/haar ledemate verloor het.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties