20 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-05-2025 só ingevul:
'n Fabriekswerker het gesterf nadat ........ bo-op hom geval het.
mashinerie masjienerie masjineri masjinerie
In afleidings met agtervoegsels van Romaanse en Klassieke herkoms, wat deur 'n [i]-klank voorafgegaan word, word die klank met 'n "i" geskryf, byvoorbeeld "distansieer", "finansieel", "materiaal", "masjinerie" en "naïwiteit" (AWS 16.12).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.
slegs pioniers slegs pionierens slegs pioniere pioniers of pioniere
Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Geagte ........ Van Rensburg
prof. of Prof. prof of Prof prof. Prof.
Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Dit sal ........ baat om 'n fotografiekursus te doen.
menige joernalis menig joernaliste menige joernaliste menigte joernaliste
Die kwantifiseerder "menige" word altyd gevolg deur 'n selfstandige naamwoord in die enkelvoud ("joernalis").
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)