09 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 09-04-2025 só ingevul:
Die regering ........ wat reeds baie gedoen het om onderwys te verbeter ........ het bekend gemaak dat 100 nuwe skole gebou gaan word.
slegs - en - - en - of , en , of ( en ) slegs , en , slegs ( en )
Die aandagstreep word gebruik om 'n parentese aan te dui. Die deel buite die parentese moet grammatikaal korrek wees. Die parentese kan ook met kommas of hakies vervang word. (AWS 13.1 2017)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
voet slaan voetslaan voet-slaan foetslaan
ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
ʼn Beunhaas is ........ .
ʼn tengerige adolessent iemand wat nie weet wat hy doen nie, ʼn knoeier ʼn haassoort wat slegs in die Klein-Karoo voorkom ʼn tradisionele gereg van haasvleis
Die woord "beunhaas" verwys na iemand wat knoei met handewerk, of onbekwaam is. In die sewentiende eeu het die woord "bönhase" verwys na ʼn handwerker wat nie aan ʼn gilde behoort nie. Dit was dikwels kleremakers wat onwettig op ʼn solder ("böne") gewerk het. (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)
Die idioom "vir jou suiker uitkruip" beteken 'selfstandig word'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)