11 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-06-2025 só ingevul:
Die ........ sal waarskynlik sy baas se posisie oorneem wanneer dié later vanjaar aftree.
adjunk-besturende-direkteur adjunk besturende direkteur adjunk-besturende direkteur adjunk- besturende direkteur
Volgens die jongste AWS word afstandsamestellings altyd met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse egter vas, d.w.s. "adjunkdirekteur".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Ek gaan jou een antwoord gee ........ Ons kan dit nie bekostig nie.
aandagstreep aanhalingstekens dubbelpunt geen leesteken
Ons gebruik 'n dubbelpunt ná 'n inleidende sin of frase. Let daarop dat indien die sin ná die frase of inleidende sin 'n volledige sin is, begin die sin met 'n hoofletter. (AWS13.15)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Ná die ongeluk, toe Derek uiteindelik ........ , was hy reeds in die hospitaal.
aan verhaal uitkom by verhaal uitkom ter verhaal kom tot verhaal kom
Die uitdrukking "tot verhaal kom" beteken 'van kragte herstel'. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “tot verhaal kom”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Dis Kersfees en Christene herdenk die ........ se geboorte.
Hyland heiland Heiland hyland
Verwysings na die Opperwese word met ’n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)