2294 aktiewe gebruikers Teken aan Registreer Na mobiele weergawe |
|||
Die dubbelpunt het twee funksies, naamlik as leesteken en in tegniese notasies.
Die dubbelpunt as leesteken
Wanneer die dubbelpunt as leesteken gebruik word, is daar geen spasie vóór die dubbelpunt nie, maar wel 'n spasie ná die dubbelpunt.
Die dubbelpunt word gebruik om 'n reeks sake wat in 'n sin opgenoem word, in te lei. Byvoorbeeld:
'n Dubbelpunt word gebruik vóór ‘n aanvulling of ‘n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word. Byvoorbeeld:
Die dubbelpunt word gebruik vóór woorde wat in die direkte rede aangehaal word. Byvoorbeeld:
Die dubbelpunt in tegniese notasie
As die dubbelpunt gebruik word om deling in wiskunde aan te dui, kom daar 'n spasie voor én na die dubbelpunt. Byvoorbeeld:
By wiskundige verhoudings moet daar nie spasies weerskante van die dubbelpunt geplaas word nie. Byvoorbeeld:
As daar na 'n teks verwys word (soos 'n Bybelvers, of in akademiese literatuur), kom daar gewoonlik nie 'n spasie voor of na die dubbelpunt nie. Byvoorbeeld:
Daar kom ook geen spasies voor of na die dubbelpunt in tydnotasie nie. Byvoorbeeld:
Lees meer Lees meer oor die dubbelpunt op die Afrikaanse Wikipedia.
|