2400 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-06-2025 (vlak 3)



vorige toets 12 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-06-2025 só ingevul:



Ná die ........ ontploffing het die vliegtuig vinnig neergestort.
34 % (afgerond)brusante
3 % (afgerond)brisant
61 % (afgerond)brisante 
1 % (afgerond)brusant

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die woord "brisant" is taamlik onbekend maar beteken 'vinnig ontploffend'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Dit lê op die ........ van my belangstelling.
3 % (afgerond)periverie
91 % (afgerond)periferie 
5 % (afgerond)perriferie
perriverie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Een van die belangrike sondebokke is "f/v".
Die betekenis van "perifeer" is 'nie sentraal', 'aan die buitekant'. Die "periferie" is die 'buiterand', of in meetkunde beteken die woord 'sirkelomtrek'.

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
18 % (afgerond)vergewingsgesind
vergewing-gesind
79 % (afgerond)vergewensgesind 
3 % (afgerond)vergewengesind

Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Tanya is deesdae 'n ........ in filosofie.
4 % (afgerond)doktor of dokter
3 % (afgerond)dokter
93 % (afgerond)doktor 
doktir

Sommige woorde lyk eners maar word verskillend gebruik, soos "dokter - doktor", “tewens – trouens” en “mits – tensy”. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer.
Die woord "dokter" verwys na 'n 'mediese dokter' teenoor "doktor" wat na 'die hoogste akademiese graad' verwys.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties