2437 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 28 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-05-2025 só ingevul:



Die meervoud van "wig" is ........ .
('n Wig is 'n spitslopende stuk gereedskap met 'n driehoekige vorm.)
1 % (afgerond)gewigte
10 % (afgerond)wigge
9 % (afgerond)wigte
81 % (afgerond)wîe 

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.



In hierdie kursus behandel ons die persoon en rol van die profeet in die ........ beskawings.
17 % (afgerond)nabye Oosterse
20 % (afgerond)nabye-Oosterse
23 % (afgerond)Nabye Oosterse 
40 % (afgerond)Nabye-Oosterse

Afleidings van woordgroepe van eiename word los geskryf (AWS 9.19).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



"Afrikaanses" is 'n inklusiewe term om die ........ gemeenskappe in te sluit.
51 % (afgerond)wit en bruin 
5 % (afgerond)Wit en Bruin
44 % (afgerond)Wit en Bruin of wit en bruin

Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Idioom: Sy is ........ van die baan.
2 % (afgerond)Katjie
12 % (afgerond)Kaatjie
75 % (afgerond)kaatjie 
11 % (afgerond)katjie

Iemand wat stuitig en stout is, word in die idioom kaatjie van die baan genoem. "Kaatjie" is oorspronklik afgelei van die persoonsnaam "Catharina" ("Catharina van die baan"), maar dit word deesdae met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties