05 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-05-2025 só ingevul:
Dis nie te ........ dat die span die toets al wen nie; hulle het die afgelope seisoen goed gespeel.
vergegaan verregaande vergesogt vergesog
Die woord "vergesog" beteken 'geforseerd' of 'wat ver byeengebring is'; die woord "verregaande" beteken 'buitensporig', 'erg' of 'moedswillig'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Wanneer my ouma met groot ontsag terugdink aan haar oorlede vader, praat sy altyd van "die man van edel ........ ".
imbors aamborstigheid inbors aambeelde
Die HAT beskryf "inbors" as 'gesamentlike geestelike eienskappe van 'n mens' en gee die volgende as voorbeeld aan: "Edel, goed, sleg, swak van inbors wees".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
klassiekemusiekfees klassieke musiek fees klassieke musiekfees klassieke musiek-fees
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Woordafbreking: Hulle het elk tien worsbroodjies ........ ........ by die boeresportkompetisie.
ge-ëet ge-ëet of ge-eet ge-eet
Ingevolge reël 1.7 in die AWS is die deelteken opsioneel as 'n woord afgebreek word voor die letter met die deelteken.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)