2330 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 04 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-07-2025 só ingevul:



Die woord "getik" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
"Ek het gister al vir meneer die brief getik."
"Is jy getik?"
3 % (afgerond)antoniem
87 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)sinoniem
9 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "getik" (‘met ’n tikmasjien skryf’) en "getik" (‘versteurd’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Mendelssohn se ........ musiek tot Shakespeare se "Midsummer Night's Dream" is baie bekend.
1 % (afgerond)beikomstig
3 % (afgerond)bykomstig
buikomstig
96 % (afgerond)bykomstige 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("bykomstig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: 'n Ander se ........ werk doen.
2 % (afgerond)goeie
swak
baie
97 % (afgerond)vuil 

Die idioom "'n ander se vuil werk doen", beteken 'vir 'n ander onsmaaklike dinge doen'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die trein is weens 'n kragonderbreking vertraag.
Wat is die woordsoort van die woord "vertraag" in bostaande sin?
9 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
83 % (afgerond)werkwoord
4 % (afgerond)bywoord
4 % (afgerond)selfstandige naamwoord

’n Adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “vertraagde” trein. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “vertraag”, “meer vertraag”, “die mees vertraagde”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties