2247 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-07-2025 (vlak 1)



vorige toets 16 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-07-2025 só ingevul:



Dr. Andrew Baker is ’n wêreldberoemde ........ bioloog.
3 % (afgerond)meriene
41 % (afgerond)marine
3 % (afgerond)marien
54 % (afgerond)mariene 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("marien"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Gooi die bagasie ........ ; die skip sink!
97 % (afgerond)oorboord 
orboord
orboort
3 % (afgerond)oorboort

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Toe ek op skool was, het ek ’n ........ uit Duitsland gehad.
97 % (afgerond)penvriend 
2 % (afgerond)pen-vriend
pen vriend

ʼn Samestelling ("penvriend") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("pen" en "vriend") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Bertus se gunstelingsport is ........ .
rukbie
ragbie
3 % (afgerond)rugbie
97 % (afgerond)rugby 

Vreemde woorde ("rugby") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties