28 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-05-2025 só ingevul:
Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.
klassiekemusiekfees klassieke musiek-fees klassieke musiekfees klassieke musiek fees
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die witkopaasvoël ........ is 'n aasvoël wat endemies aan Afrika is.
geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie 'geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie' "geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie" (geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie)
Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Witkopaasvo%C3%ABl)
Sien ook die bladsy Hakies.
Die span kon nie ........ hul teenstanders kers vashou nie.
met by teen aan
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. 'n Mens hou "by" iemand kers vas; hou "aan" 'n beginsel vas en hou "vir" iemand duim vas. (Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die ........ is bekend vir hulle hoë melkproduksie.
Holsteins of holsteins holsteins Holsteins
Die name van diererasse kan met hoof- of kleinletters geskryf word, byvoorbeeld "dobermann of Dobermann"; "holstein of Holstein"; "merino of Merino".
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)