2425 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 29 MEI volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 29-05-2025 só ingevul:



Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
5 % (afgerond)pekaris
13 % (afgerond)pekaries
15 % (afgerond)pekarisse
68 % (afgerond)pekari's 

Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word.
Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ek het 'n ........ by die pandspel gekry.
60 % (afgerond)polfyntjie 
2 % (afgerond)polveintjie
2 % (afgerond)polfeintjie
36 % (afgerond)polvyntjie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”. Die woord "polfyntjie" is ietwat onbekend en beteken 'pand' by pandspeletjies, 'soort koekie' of 'nooientjie'. Daarteenoor verwys die "polvy" na die hak van 'n skoen.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Drie ........ het op die strand uitgespoel.
1 % (afgerond)slegs lang bek gewone dolfyne
33 % (afgerond)slegs langbek- gewone dolfyne 
7 % (afgerond)slegs langbek-gewone-dolfyne
58 % (afgerond)langbek gewone dolfyne of langbek- gewone dolfyne

Volgens die nuwe AWS word moet afstandsamestellings met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“gewone”) sou dit vas geskryf word as “langbekdolfyne”
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Judas is as 'n verraaier gebrandmerk.
Die boer het sy beeste gebrandmerk met 'n eiendomsmerk.
Die woord "gebrandmerk" in bostaande sinne is 'n ........ .
51 % (afgerond)poliseem 
1 % (afgerond)antoniem
44 % (afgerond)homoniem
4 % (afgerond)sinoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld:
Hy is "gebrandmerk" as 'n verraaier.
Die beeste is "gebrandmerk" met 'n eiendomsmerk.

Sien ook die bladsy Poliseme.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties