03 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-06-2025 só ingevul:
Ek parkeer my motor saans in die ........ .
motorhuis of garage garage motorhuis
Beide "motorhuis" en die aanvaarde leenwoord "garage" kan in hierdie konteks gebruik word.
Sien ook die bladsy Anglisismes.
Die motorhandelaar verskaf onder andere ........ .
slegs Nissan-onderdele slegs Nissanonderdele slegs Nissan onderdele Nissanonderdele of Nissan-onderdele
Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
Ons huishulp kom altyd op 'n ........ .
dinstdag Dinstdag dinsdag Dinsdag
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die saak is vir my om 't ........ .
lewe bewe lewer ewe
Die uitdrukking "iets is om 't ewe", beteken 'dit maak geen verskil nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)