2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 21 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-08-2025 só ingevul:



Wat voer jy die beeste dat hulle so mooi vet is?
Hierdie pad voer ons in die verkeerde rigting.
Die woord "voer" in bostaande sinne is 'n ........ .
69 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)sinoniem
1 % (afgerond)antoniem
28 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “voer” (‘laat eet’) en “voer” (‘lei’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Chantelle is die ........ meisie in die klas.
mees mooiste
100 % (afgerond)mooiste 
mees mooie

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “mooi”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “mooier” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “mooiste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die ........ van SARU het 'n vergadering aangevra ná die noodlottige insident.
44 % (afgerond)slegs voorsitter
52 % (afgerond)voorsitter of Voorsitter 
4 % (afgerond)slegs Voorsitter

'n Ampsbenaming ("voorsitter") wat na 'n individu verwys, begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Die suikerpot wemel van die miere!
Die woord "wemel" in bostaande sin is 'n voorbeeld van 'n ........ .
8 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
54 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord
31 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
7 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die suikerpot is vol suiker. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die suikerpot wemel van die miere.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties