2212 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2025 (vlak 1)



vorige toets 21 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-08-2025 só ingevul:



Gaan julle na Marcel se ........ toe?
1 % (afgerond)graadplegheid
1 % (afgerond)grade plegtigheid
81 % (afgerond)gradeplegtigheid 
16 % (afgerond)graadplegtigheid

ʼn Samestelling ("gradeplegtigheid") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("graad" en "plegtigheid") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die "e" is ’n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die koningsprotea is die grootste lid van die Protea-genus. (Die protea is Suid-Afrika se nasionale blom ........
5 % (afgerond).).
55 % (afgerond).) 
40 %).

As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
(Bronne:
http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Koningsprotea)
Sien ook die bladsy Hakies.



Uitdrukking: Waar 'n ........ is, is 'n end.
5 % (afgerond)aanvang
vent
93 % (afgerond)begin 
2 % (afgerond)sent

Die uitdrukking "waar 'n begin is, is 'n end", beteken 'daar kom 'n einde aan 'n moeilike taak of situasie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Katrina is ’n ........ in voorskoolse onderrig.
87 % (afgerond)spesialis 
5 % (afgerond)spesjalis
8 % (afgerond)specialis

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "spesialis", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties