18 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-07-2025 só ingevul:
Die woord "biskoppe" in die volgende sinne is 'n ........ . Die biskoppe van die Anglikaanse Kerk gaan die verkiesing van vroue in die amp aanmoedig. Ons het die naweek 'n paar biskoppe op Kleinmond uitgetrek.
antoniem homoniem antifoon sinoniem
ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “biskop” (‘kerklike amp’) en “biskop” (‘soort vis’).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Die regering is bekommerd oor die ........ gemeenskap.
wetlose wetteloos wetloos wettelose
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Ek wou my sussie bel, maar die lyn is ........ .
sieldood stokdood smoordood morsdood
Die intensiewe vorm van "dood" is "morsdood".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
"W.Afr." is die afkorting vir ........ .
Wes-Afrika of Wes-Afrikaans(e) Wes-Afrikaans(e) Wes-Afrika
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)