In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: 'n ........ in die bos gooi.
Klip Eier Stok Yster
As jy 'n klip in die bos gooi, dan lok jy reaksie uit deur middel van uitdagende of prikkelende bewerings. In Engels sê ons: "Set a cat among the pigeons" of "cause a stir". (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.
vergewens gesind vergewingsgesind vergewensgesind vergewens-gesind
Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Terrestriële televisie-uitsendings gaan binnekort van ........ na digitale uitsendings oorskakel.
annaloog analoë analoog annaloë
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “analoog”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "analoog" kom uit die Grieks "ana + logos" wat 'verhouding' beteken, vandaar die vreemde spelling.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)