2224 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-08-2025 (vlak 3)



vorige toets 04 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-08-2025 só ingevul:



Jameson is 'n bekende Ierse ........ .
49 % (afgerond)slegs whiskey 
28 % (afgerond)slegs whisky
23 % (afgerond)whisky of whiskey

Die woord "whisky" (sonder 'n "e") verwys na 'n soort drank wat spesifiek in Skotland vervaardig is; die woord "whiskey" (met 'n "e") verwys na dieselfde soort drank, maar wat buite Skotland vervaardig word. Sien ook https://af.wikipedia.org/wiki/Whiskey
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Die ........ staan blou in die blom.

6 % (afgerond)berghaan
8 % (afgerond)bessies
12 % (afgerond)weemoed
74 % (afgerond)ellende 

Die idioom "die ellende staan blou in die blom", beteken dit gaan baie moeilik.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Menige ........ is ingedien.
36 % (afgerond)laataansoeke
5 % (afgerond)laat-aansoeke
26 % (afgerond)laataansoek
34 % (afgerond)laat aansoek 

Die kwantifiseerder "menige" kombineer met telbare selfstandige naamwoorde in die enkelvoud, byvoorbeeld "menige mens/restourant/hond". Dit is foutief om te sê "menige jare" (meervoud), of "menige polisie" (ontelbaar).
Die frase "laat aansoek" bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord ("laat") en selfstandige naamwoord ("aansoek"). Anders as in die geval van byvoorbeeld "laatlammetjie" is daar nie sprake van betekenisverdigting nie en dus geen rede om dit vas te skryf nie.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die polisie het op die onwettige wapens ........ .
4 % (afgerond)beslag geneem
96 % (afgerond)beslag gelê 
bestek geneem
bestek gelê

Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "the matter is settled" is "'n saak kry beslag".
Die Afrikaans vir die Engelse woord "confiscate" is "op iets beslag lê".
Die Afrikaans vir die Engelse uitdrukking "take up time" is "tyd in beslag neem".
(Bron: Skryf Afrikaans A tot Z)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties