05 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-12-2025 só ingevul:
Hulle het ........ geloop, maar het steeds verdwaal.
padlangs pad-langs pad langs
Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n naamwoord en 'n setsel.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die afkorting "k.v.a." óf "KVA" staan vir ........ .
Kommissie vir Administrasie kontant voor aflewering kilovolt-ampère
"Kommissie vir Administrasie" se afkorting is slegs 'KVA', terwyl beide "k.v.a." en "KVA" erken word as afkortings vir 'kontant voor aflewering'. Die afkorting vir "kilovolt-ampère" is 'kVA'. Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
My pa se geduld is op met die kalkoene wat so ........ .
kekkel koel-koel hoe-hoe kloek
Kalkoene koel-koel, uile hoe-hoe en henne kloek of kekkel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Daar is vanaand 'n dans in die skuur by die bekende dansplek, ........ .
Koos se kraal Koos se Kraal Koos Se Kraal Koos-Se-Kraal
Indien plekname die element "se" bevat en die dele los geskryf word, begin die laaste komponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)