0 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 05-12-2025 (vlak 3)



vorige toets 05 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-12-2025 só ingevul:



Hulle het ........ geloop, maar het steeds verdwaal.
86 % (afgerond)padlangs 
pad-langs
13 % (afgerond)pad langs

Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n naamwoord en 'n setsel.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die afkorting "k.v.a." óf "KVA" staan vir ........ .
14 % (afgerond)Kommissie vir Administrasie
45 % (afgerond)kontant voor aflewering 
40 % (afgerond)kilovolt-ampère

"Kommissie vir Administrasie" se afkorting is slegs 'KVA', terwyl beide "k.v.a." en "KVA" erken word as afkortings vir 'kontant voor aflewering'.
Die afkorting vir "kilovolt-ampère" is 'kVA'.
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.



My pa se geduld is op met die kalkoene wat so ........ .
2 % (afgerond)kekkel
86 % (afgerond)koel-koel 
hoe-hoe
12 % (afgerond)kloek

Kalkoene koel-koel, uile hoe-hoe en henne kloek of kekkel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Daar is vanaand 'n dans in die skuur by die bekende dansplek, ........ .
6 % (afgerond)Koos se kraal
76 % (afgerond)Koos se Kraal 
5 % (afgerond)Koos Se Kraal
13 % (afgerond)Koos-Se-Kraal

Indien plekname die element "se" bevat en die dele los geskryf word, begin die laaste komponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties