Nege is die ........ van drie.
kwadrad kwadraat kwadrat kwadraad
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “d” en “t”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die Republiek Ierland gebruik die ........ as geldeenheid.
pond Euro Pond euro
Die name van geldeenhede begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Geldeenhede.
Die prys van goud sal waarskynlik oor die volgende paar maande ........ bly.
bedruk bly gedruk bly onderdruk onder druk
As iemand of iets "onder druk" verkeer, beteken dit 'daar is druk op iets of iemand'; die woord "onderdruk" is 'n werkwoord wat 'in bedwang hou' beteken; die woord "bedruk" is 'n sinoniem vir "depressief"; die woord "gedruk" is die verlede tyd van "druk". (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)