11 DES (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-12-2025 só ingevul:
Ek vind sy ........ grappies hoogs irriterend.
sumpil simpul simpel sempel
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel. Die woord "simpel" kom van die Latyn "simplex" wat 'eenvoudig' beteken.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Die taalprofessor gebruik graag ........ woorde wat niemand anders verstaan nie.
deftigge deftug deftig deftige
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ........ student het 'n pragtige Afrikaanse uitspraak.
Swart swart Swart of swart
Histories beskrywende kleurbenamings vir bevolkingsgroepe en vir lede van sulke groepe begin nie met 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
In die universiteitswese, waarvoor staan die letternaamwoord "TUT"?
Tshwane Universiteit van Tegnologie Tshwane Universiteit vir Tegnologie Tshwane-Universiteit van Tegnologie Tshwane-Universiteit vir Tegnologie
'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)