1889 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-12-2025 (vlak 2)



vorige toets 15 DES Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-12-2025 só ingevul:



Ek moet vanaand die kinders oppas.
Wat is die woordsoort van "oppas" in bostaande sin?
11 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
6 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
77 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
6 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Ek moet vanaand die kinders oppas. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



In die volksmond word na die Volksrepubliek China verwys as ........ om dit te onderskei van die demokratiese Taiwan (amptelik bekend as die Republiek China).
5 % (afgerond)Rooi-Sjina
46 % (afgerond)Rooi China
5 % (afgerond)Rooi Sjina
44 % (afgerond)Rooi-China 

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onverboë byvoeglike naamwoord is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die eienaamelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Groot-Brittanje","Klein-Asië" en "Wit-Rusland". (Bron: AWS 12.30)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Lang Lang is die ........ pianis wat ek nog hoor speel het.
mees briljant
1 % (afgerond)meer briljantste
91 % (afgerond)briljantste  
8 % (afgerond)mees briljantste

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “briljant”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “briljanter” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die briljantste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Hoe lyk die ........ van sake daar op jou plaas, Koos?
100 %stand 
doen
stel
maker

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “stand van sake”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties