2111 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-03-2026 (vlak 2)



vorige toets 11 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-03-2026 só ingevul:



Die ........ se toertjie het skeefgeloop en hy breek toe sy arm.
waag-hals
99 % (afgerond)waaghals 
waaggals
waagals

ʼn Samestelling (“waaghals”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“waag” en “hals”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek hou nie daarvan om ........ te skryf nie.
89 % (afgerond)essays 
essay'e
1 % (afgerond)essaye
9 % (afgerond)essay's

Die afkappingsteken word nie gebruik by meervoude op "-s" van naamwoorde wat op "y" eindig nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.



Hy het sonder om te groet sommer dadelik met die ........ in die huis geval.
plafon
dak
99 % (afgerond)deur 
vloer

Hierdie spreekwoord beteken 'om dadelik tot die punt te kom met 'n saak'.
Kry meer idiome en spreekwoorde aanlyn:
http://www.gesegdes.co.za/
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



U verwag dat ons op U sal vertrou, want ........ almag is groot.
16 % (afgerond)slegs u 
13 % (afgerond)u of U
70 % (afgerond)slegs U

Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties