11 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-03-2026 só ingevul:
Die ........ se toertjie het skeefgeloop en hy breek toe sy arm.
waag-hals waaghals waaggals waagals
ʼn Samestelling (“waaghals”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“waag” en “hals”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ek hou nie daarvan om ........ te skryf nie.
essays essay'e essaye essay's
Die afkappingsteken word nie gebruik by meervoude op "-s" van naamwoorde wat op "y" eindig nie.
Sien ook die bladsy Afkappingsteken.
Hy het sonder om te groet sommer dadelik met die ........ in die huis geval.
plafon dak deur vloer
Hierdie spreekwoord beteken 'om dadelik tot die punt te kom met 'n saak'. Kry meer idiome en spreekwoorde aanlyn: http://www.gesegdes.co.za/
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
U verwag dat ons op U sal vertrou, want ........ almag is groot.
slegs u u of U slegs U
Die besitlike voornaamwoorde "sy" en "u" (vir God) word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)