03 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-02-2026 só ingevul:
Het jy enige ........ oor waarheen ons vanaand kan gaan?
slegs voorkeurs slegs voorkeurens voorkeure of voorkeurs slegs voorkeure
Meerlettergrepige stamme wat op ’n tweeklank eindig, asook samestellings en afleidings met sulke stamme, kry “-s” in die meervoud (AWS 14.4)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Wetenskaplikes doen navorsing oor ........ om meer oor die ontwikkeling van embrio's te leer. https://af.wikipedia.org/wiki/Padda
padda-eiers paddaeiers of padda-eiers paddaeiers paddaëiers
As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings volgens die leser meebring dat die woord moeilik gelees kan word, is ʼn koppelteken tussen die dele opsioneel (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.
Die skildery ........ is een van Van Gogh se bekendste werke.
sterrenag sternag Sternag Sterrenag
Indien soortname as eiename gebruik word ("Sterrenag"), begin dit met ʼn hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die zikavirus kom al in verskeie lande voor en daar is geen keer aan die ........ nie.
epidemie epiedemie epideemie eppidemie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “epidemie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)