2152 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-04-2026 (vlak 3)



vorige toets 16 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-04-2026 só ingevul:



Hy is die ........ mens wat ek nog teëgekom het; hy wend geen poging aan om 'n werk te kry nie.

5 % (afgerond)mees werkskuste
55 % (afgerond)werkskuuste 
17 % (afgerond)werkskuste
23 % (afgerond)mees werksku

In die oortreffende trap van byvoeglike naamwoorde wat op “u” eindig, word die “u” verdubbel, byvoorbeeld “kruuste”, “ruuste”, “skuuste” (AWS 16.5). "Mees sku" volg nie die patroon van Afrikaans nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Ons moet hierdie oorwinning met 'n glasie sjampanje ........ .
4 % (afgerond)fier
96 % (afgerond)vier 
fuur
vuur

Jy "vier" iets wanneer jy gelukkig is oor iets, en jy is vol trots wanneer jy "fier" en regop loop.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die reg wat betrekkinge onderling tussen burgers reël, staan bekend as ........ .

8 % (afgerond)privatereg
2 % (afgerond)private reg
76 % (afgerond)privaatreg 
15 % (afgerond)privaat reg

Die woord "privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. Die woord "privaatreg" is 'n uitsondering. 

Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ was baie bly oor haar sewe onderskeidings.
44 % (afgerond)slegs matrikulant
55 % (afgerond)matriek of matrikulant 
1 % (afgerond)slegs matriek
slegs metriek

Die AWS erken "matriek" of "matrikulant" of "matriekleerling" (en dus "matriekleerder") as wisselvorme om te verwys na iemand in sy/haar laaste skooljaar.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties